Wie Is Jy?

Wie Is Jy?

  • 流派:Folk 民谣
  • 语种:英语
  • 发行时间:2014-11-01
  • 唱片公司:Vonk Musiek
  • 类型:录音室专辑

简介

STEPHAN VISAGIE – WIE IS JY? Verlede jaar het Stephan Visagie sy debuutalbum, 4Keeps, vrygestel. Min het dié sanger en liedjieskrywer geweet dat hy 'n jaar later duisende aanhangers sou hê en boonop 'n nominasie vir nuweling van die jaar tydens die Huisgenoot Tempo Toekennings sou ontvang. Noudat hy uit sy wegspringblokke gekom het, is dit voluit vorentoe met sy nuuste cd, Wie is jy? Net soos met sy debuutalbum, kom die meerderheid van die liedjies op Stephan se nuutste album ook uit sy eie pen. Hy skryf immers al vir die afgelope vyf jaar liedjies. “Ek dink dis belangrik dat sangers hul eie liedjies skryf om sodoende oorspronklike materiaal te kan oplewer en 'n persoonlike boodskap te kan oordra,” vertel die sanger van die Wes-Kaap. Die nuwe album se liedjies is 'n nadenking oor die lewe, vertel hy. “Dit handel oor die tyd wat verbygaan. 'n Mens moet elke oomblik aangryp. As jy lief is vir iemand, moet jy dit sê en wys, want daar is aansienlik minder tyd as wat 'n mens dink.” In Bly sing hy byvoorbeeld “...môres word nie gewaarborg nie en gisters word grys herinnerings...”. Hierdie tema word ook goed uitgebeeld in Beter Helfde, Eendag op 'n reëndag, Hoe draai mens tyd terug? en Ek roep jou hart. Sy liedjies se lirieke is kunstig en eie aan sy styl. Hy het immers 'n liefde vir die kunste. Stephan is ook geken as 'n visuele kunstenaar; hy kan gereeld met 'n kamera of verfkwas in die hand gesien word waar hy prentjiemooi-oomblikke op film vasvang of op doek uitbeeld. Nog iets waarvoor hy baie lief is, is die Karoo. “Die Karoo is een van my hart se punte,” vertel hy. En in liedjies soos Maak jou hart nog so? en Waterberge Blou (geskryf deur PC Winterbach en Pauline J Matthews) word Stephan se waardering vir die natuur opgesom. Daar is meer ritmiese liedjies op die nuutste album as wat daar op die debuutalbum was, sê Stephan. “Daar is liedjies waarop 'n mens kan dans of waarna 'n mens net kan luister. Ek het regdeur die album steeds my eie styl behou, wat ook beteken dat daar van regte instrumentspel gebruik gemaak is. Regte tromme en kitare.” Musikante en stemme wat by die opnames betrokke was, is Tertius Human (vervaardiging en kitare), Bruce Wallace (tromme), Juan “Floors” Oosthuizen (kitare) en Dianne Chapman. Douw Steyn en Josh Oosthuizen het Hoe draai mens die tyd terug? vervaardig. Stephan het hom goed van sy taak gekwyt om nog 'n gehalte-album op te lewer. Buiten die nuwe liedjies is daar ook 'n lekker keurspel van vier liedjies (Kronkelpad, Heilbrondam, Los my hart en For Keeps) wat op sy debuutalbum verskyn het. Stephan se Engelse lied, Never again, asook sy weergawes van Shel Silverstein se Ballad of Lucy Jordan en Sylvia's Mother sorg ook vir meer verskeidenheid op die album. As 'n mens in gedagte hou wat Stephan al alles met sy eerste album bereik het, is dit realisties om te sê dat dit met Wie is jy? slegs 'n kwessie van tyd wees wat sal wys watter prestasies hy nóg sal inryg.

[更多]

此歌手的其他专辑