- 歌曲
- 时长
简介
Einde verlede jaar stel Juan sy nuutse album “Kalm Voor die Storm” bekend. Hierdie album is vinnig deur sy ondersteuners en die musiekkenners bestempel as Juan se beste album sover en dis ook die album waarop Juan die trotste is. Die eerste snit op die album is ‘n gedig waarin Juan vir die Here dankie sê. Hy wou sy hele lewe lank nog ‘n gedig vir die Here skryf. Toe die album klaar is en hy terug sit en luister, het hy besef hoe Geseënd hy is om te kan sing en skryf. En so skryf hy “Dankie vir musiek en dankie dat ek ‘n kind van Here is. Dankie vir my gawe Here. Amen. (die video hiervan is te sien op Harts-Gevoel se Facebook profiel) Die liedjie op die album wat hom die naaste aan die hart lê is beslis “Disintegreer” want dit beskryf sy gevoelens van alle kante af en hoe hy sou voel as hy eendag sy lewensmaat moet ontdek en daarom beskryf hy hoe dit afspeel in sy drome om eendag saam hierdie amazing persoon te wees. Hopelik is daar iemand daar buite wat ook soos hy voel, wat eendag saam met hom sal “disintegreer” en oud sal word. “Voor Vuur” op die album is vir Nadia geskryf, terwyl hy alleen voor ‘n vuur gesit het in Pongola een asemrowende aand en vroeg een oggend. Net hy en die vuur en dit het hom laat wonder hoe hy al hierdie plekke beleef as gevolg van musiek wat hom op hierdie pad sit en dit het alles by haar begin. Daardie aand was Nadia langs hom in gees. Hy sing die liedjie, wat hy weet sy luister elke keer en bars van trots.