Staan Vir Altyd By My

Staan Vir Altyd By My

  • 流派:World Music 世界音乐
  • 语种:其他
  • 发行时间:2017-06-23
  • 类型:录音室专辑

简介

Vier jaar na Desmond Wells se trefferalbum “Dans my verlief” die lig gesien het, bring hy weer vir ons ‘n splinternuwe album “Staan vir altyd by my” wat bestaan uit 12 oorspronklike liedjies. Die eerste liedjie op die album “Dansvloer Liefde” het alreeds die no. 1 posisie op verskeie radiostasies regoor die land se trefferparades bereik en die musiekvideo het ook al meer as 327 000 kykers op sosiale media. Desmond het onlangs ‘n splinternuwe musiekvideo geskiet vir die enkelsnit “Die woorde in my” wat ook vinnig besig is om ‘n groot gunsteling onder Afrikaanse musiek liefhebbers te raak. “Staan vir altyd by my” is Desmond se eerste album wat hy onafhanklik opgeneem en vrygestel het wat beteken dat hy vir die eerste keer in sy musiekloopbaan nou vrye teuels gehad het met die produksie en liedjie keuses vir die album. Nuweling skrywer Johan Brits het ook verskeie treffers soos “Die lied in my hart, Niemand anders soos jy nie, Staan vir altyd by my & Soos die winde waai” op die album geskryf. Hou beslis hierdie man se skryftalent dop. Die album is vervaardig deur een van ons land se top vervaardigers Werner Beukes wat al groot treffers vir kunstenaars soos Eden, Lianie May, Steve Hofmeyr, Bok van Blerk en vele van ons land se top kunstenaars al vervaardig het. Werner het in sy eie woorde gesê dat dis die beste album wat hy sedert Eden se multi-platinum “Kniëe Lam” album al vervaardig het. Hierdie is beslis Desmond se beste album tot op hede en glo ons hy kan hom maar regmaak vir nog ‘n SAMA benoeming die jaar.

[更多]

此歌手的其他专辑