Meer As Woorde

Meer As Woorde

  • 流派:Pop 流行
  • 语种:英语
  • 发行时间:2016-04-21
  • 唱片公司:Kdigital Media, Ltd.
  • 类型:录音室专辑

简介

Musiek en kreatiwiteit vloei foutloos in Irene-Louise van Wyk se are. Haar uniekheid skyn deur op haar CD wat in Mei 2016 die lig gesien het.. Die 23-jarige sangeres en liedjieskrywer wat in Pretoria groot geword het, was altyd in die teenwoordigheid van Suid-Afrikaanse en internasionale sterre. Sy het gekyk, geluister en geleidelik haar eie talent en styl ontwikkel om haar droom te vervul en haar handewerk met die wêreld te deel. Sy is die dogter van Louis van Wyk, die kunstenaarsbestuurder en eienaar van Music Profile Management, en wyle Irene van Wyk, 'n sangeres wat gehore vir jare betower het. Tydens haar kinderjare het Irene-Louise saam met haar ma gereis tydens haar konsert toere, en selfs opgetree langs haar. Ma en dogter het 'n noue band gehad. Met die tragiese afsterwe van Irene in 'n motorongeluk in 2009, het Irene-Louise se wêreld in duie gestort, maar het krag getrek uit nalatenskap van haar ma en was sy vasbeslote om te volg in haar voetspore. Haar talent skyn op die cd met die snitte, Meer as Woorde (wat op talle radiostasies se trefferlyste verskyn het en selfs verskeie weke die Nr. 1 posisie behaal het), Lugballon , Wie is die vrou in jou arms vanaand? (wat ook vir haar ma ‘n treffer was), A life that’s good, asook Feel so Unreal (ft. Nianell), 'n huldeblyk aan haar ma wat Irene-Louise in 2010 geskryf het. Die CD is verpak met musievideos van Lugballon, Meer as Woorde en Jy speel ‘n game met my. Teen einde 2015 en begin 2016 het Irene-Louise ‘n treffer gehad met Jy Speel ‘n Game Met My (saam Elvis se seun). Hierdie liedjie het verskeie radiostadies se nommer 1 posisie vir weke beklee en is op bykans alle plaaslike radiostasies gespeellys. Die album is die vertoonvenster van Irene-Louise se kreatiwiteit en unieke stem. Sy het die volledige pakket – skoonheid, stem, talent en vaardigheid. Een van Irene-Louise drome was ‘n sterk identiteit as kunstenaar te he en daarom het sy die liedjie getiteld Vergeet Van My, geïnspireer , en geskryf deur Bouwer Bosch. Hierdie treffer, wat baie goed ontvang is deur die media en publiek, het ‘n unieke klank en voorwaar ‘n nuwe rigting in die moderne Afrikaanse pop musiek. Dit word tans oral gespeel op radio! Danksy moderne tegnologie het Irene-Louise die voorreg gehad om ‘n duet saam met haar Ma te kan doen. Die liedjie, Kringe, is ‘n ma-en-dogter liedjie wat vir baie lank in families gehoor gaan word. Die stemme van MA-Irene van Wyk en Irene-Louise van Wyk in duet, is hoendervleis mooi. Moeilik om te glo dat Irene-Louise nog ‘n nuweling is, in ag genome die sukses wat sy reeds behaal het ! Irene-Louise het reeds verskeie optredes bespreek wat 45 datums saam met Leandie du Randt landswyd insluit asook in Namibia vir 2016 en lyk haar dagboek uiters belowend. Die toekoms wink helder!

[更多]

此歌手的其他专辑