Anderkant Die Muur

Anderkant Die Muur

  • 流派:Easy Listening 轻音乐
  • 语种:其他
  • 发行时间:2017-06-23
  • 类型:Single

简介

Ek skryf my musiek en lirieke self en trek inspirasie uit die lewe en mense se stories. Vir my is musiek en liriek bloedbroers, onlosmaaklik deel van die band tussen uitdrukking in kuns en die siel van die waarnemer. Dis emosie sonder kleur, status of ouderdom. Ek was van 2012 - 2015 deel van die duetgroep, “Silwer & Goud” wat veral bekend was vir hulle twee gewildste liedjies, “Sien jy nie kans nie” en “Gebreekte Glas" In 2016, kort nadat ek met my solo lobaan begin het het ek die enkelsnit, “Genade vir Afrika” opgeneem. Dit is vir die boere geskryf na hewige droogte en waternood, maar gaan ook oor elke mens se binnekant... Dit is ʼn realiteit dat elke mens droogtes in hulle lewe ervaar, op geestelike vlak ook, en baie wonder waar hulle hulp vandaan gaan kom. Daarom is “Genade vir Afrika” my gebed vir Afrika. Sedertdien het 'n album met dieselfde titel, "Genade vir Afrika" die lig gesien en ook 'n paar musiek videos onder andere, "Hond se kind", "Dagdroomvastrap" en "Wegkruipplek" wat almal op Youtube te sien is. Ek werk op die oomblik aan 'n DVD opname van "Genade vir Afrika - die show" wat later hierdie jaar beskikbaar sal wees sowel my nuwe album en hoop om dit vroeg in 2018 vry te stel.

[更多]

此歌手的其他专辑